| |
Kerk: |
19:00 |
Die aanddienste is ingerig om aan die aanbiddingsbehoeftes van die jonger generasie te voldoen en daar word sterk gefokus op aktuele temas en lofprysing. |
| |
Kapel: |
19:00 |
‘n Stiller meditatiewe erediens. |
| |
15:00 – Sothodiens |
Sothodiens: Elke Sondag om 15:00 in die kerkgebou. |
| Vir die kleiner kinders: Peuterhoekie (6 maande tot 3 jariges) |
| |
Babas en peuters is welkom en kan net voor die 8:00 en 10:00 eredienste na die peuterhoekie gebring word. Die lokaal is langs die kombuis geleë. Die kleintjies word deur mammas, wat self peuters het, opgepas. Indien jy sou belangstel om te help met ‘n diensbeurt kontak asb vir Jacqueline Kemp by 011 475 5510.
Hierdie diens is beskikbaar tydens skoolkwartale.
|
| Kleuterkerk (3 tot 6 jariges) |
| |
Alle kleuters vanaf 3 jaar oud is baie welkom by die kleuterkerk. Die program vind tydens skoolkwartale plaas en bestaan uit saamsing, ‘n lesaanbieding op hulle ontwikkelingsvlak asook ‘n skeppende aktiwiteit volgens die lestema. Die Graad 0’e word verdeel na ‘n klaskamer langs die kleuterklas vir hulle lesaanbieding en skeppende aktiwiteit, aangesien hulle op ‘n hoër ontwikkelingsvlak is as die jonger klomp.
Ouers bring hulle kleuters na die kleuterklas net voor die 8:00 en 10:00 dienste. |
| |
Ons kinderdiens vind plaas in die Grootsaal onder die kerk, tydens die skoolkwartale ook 8:00 en 10:00 soos met die eredienste. Daar word gefokus op lofprysing en kennis van die Bybel. Na die diens (wat ongeveer 30 minute duur) verdeel die kinders in klasse volgens hulle grade. Daar volg ‘n praktiese aktiwiteite as toepassing op die les en word verhoudings gebou met mekaar en hulle groepleier. Die kleingroeptyd duur ongeveer 45 minute.
Inligting rakende al die aktiwiteite vanaf die peuterhoekie tot by Kix-kerk is weekliks op die afkondigingsblaadjie beskikbaar.
Kontak gerus vir Jacqueline (011 475 5510) indien jy enige navrae het. |
| Senior Kategese (graad 7 tot 11) |
| |
Dit is hier waar tieners oor aktuele onderwerpe gesels en waar hulle kuier en fokus op dit wat belangrik is. Klasse begin om 18:00 en almal woon die 19:00 erediens in die kerk by. |