1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12
 
Waar is die NG Weltevreden kerkgebou geleë?
     

Die roete aanwysings met 'n kaart na die kerk in Corneliusstraat 1140, Weltevredenpark volg hieronder. 

     
Kies jou roete na NG Gemeente Weltevreden
     

Van Pretoria (N14)

Volg die N14 van Pretoria in die rigting van Krugersdorp. Beweeg na die linkerbaan wanneer jy Muldersdrift-bordjies begin sien. Draai links by die verkeerslig in Hendrik Potgieterweg. Volg Hendrik Potgieterweg (nou ry jy in die rigting van Johannesburg) verby verskeie meenthuiskomplekse, die Ruimsig-atletiekstadium en gholfbaan, en Makro aan jou linkerkant. Na Makro se verkeerslig sal jy nog 2 verkeersligte kruis (Christiaan de Wet-weg en Jim Fouché-weg). Draai links in Albertstraat. (McDonalds sal aan jou linkerkant wees). Ry verby die Town Square-winkelsentrum en ‘n meenthuiskompleks aan jou linkerkant. Draai links in Theunisweg (voor die skool). Draai regs in Corneliusstraat. Ry aan vir ongeveer 1 km. NG Weltevreden kerkgebou sal aan jou regterkant lê (‘n siersteengebou met ‘n uitsonderlike toring).

Van Pretoria (N1)

Neem die sementpad (Bloemfontein-hoofweg) na die suide, in die rigting van Roodepoort. Ry verby die volgende afritte: Rivonia, William Nicol en Hans Strijdom. Neem die Beyers Naudé-afrit (ou DF Malan). Draai regs by die verkeerslig in Beyers Naudé-rylaan (jy sal nou oor die snelweg ry in die rigting van Honeydew). Ry oor die volgende verkeerslig (dit is nog deel van die snelweg se op- en afritte). Draai links in Jim Fouché-weg. Volg die pad oor twee verkeersligte. Draai links by die derde verkeerslig in JG Strydom-weg (tennisbane aan linkerkant). Draai regs by die eerste verkeerslig in Corneliusstraat. Ry oor die stopstraat waar jy Albertstraat kruis. NG Weltevreden kerkgebou sal aan jou regterkant lê (‘n siersteengebou met ‘n uitsonderlike toring).

Vanaf Vanderbijlpark (N1-suid)

Neem die sementpad na Pretoria (Noord). Ry verby die Maraisburg-afrit. Neem die Gordonweg-afrit. Draai links by die verkeerslig in Gordonweg. Beweeg oor na die regterbaan. Draai regs by die eerste verkeerslig in Hendrik Potgieter-weg. Volg die pad verby kantoorblokke en die Trade Centre aan jou regterkant. Draai regs in Albertstraat. (McDonalds sal aan jou linkerkant wees). Ry verby die Town Square winkelsentrum en ‘n meenthuiskompleks aan jou linkerkant. Draai links in Theunisweg (voor die skool). Draai regs in Corneliusstraat. Ry aan vir ongeveer 1 km. NG Weltevreden kerkgebou sal aan jou regterkant lê ‘n siersteengebou met ‘n uitsonderlike toring.)

 
     
© NG Weltevreden 2009
All rights reserved. Designed and Powered by
Multimedia Solutions.