Hierdie geleenthede vind een keer per maand (gewoonlik die laaste Maandagaand van die maand) om 19:00 in die Grootsaal plaas.
Die doel is om:
- nuwe intrekkers persoonlik te ontmoet;
- hulle te help om administratiewe aangeleenthede af te handel;
- in te lig oor die aktiwiteite, aksies en werksaamhede van die gemeente;
- besonderhede te verskaf van kleingroepe waarby ingeskakel kan word; en
- inligting en kontakbesonderhede te verskaf
|
Kontak vir Christa by 011 475 5510 vir meer inligting. |